Blaarslaai

Blaarslaai
Blaarslaai ("Iceberg"-variëteit)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. sativa
Binomiale naam
Lactuca sativa
Sinonieme
  • Lactuca scariola var. sativa (Moris)
  • L. scariola var. integrata (Gren. en Godr.)
  • L. scariola var. integrifolia (G. Beck)

Blaarslaai (Lactuca sativa) is 'n eenjarige plant in die asterfamilie Asteraceae. Dit word meestal as blaargroente gekweek, maar soms ook vir sy stam en sade. Blaarslaai is die eerste keer deur die antieke Egiptenare gekweek uit wat blyk 'n onkruid was.[verwysing benodig] Aanvanklik is slegs sy sade gebruik om olie te produseer, maar dis later as 'n voedselplant verbou weens sy sappige blare, bykomend tot die olieryke sade.

Blaarslaai het na die Grieke en Romeine versprei. Hulle het dit "Lactuca" gedoop, waarvan die Engelse woord "lettuce" later afgelei is. Teen 50 nC is verskeie tipes beskryf, en blaarslaai verskyn dikwels in Middeleeuse geskrifte. Gedurende die 16de tot 18de eeue is baie rasse in Europa ontwikkel, en teen die middel van die 18de eeu is kultivars beskryf wat vandag nog in tuine gevind word. Europa en Noord-Amerika het oorspronklik die mark vir blaarslaai oorheers, maar teen die laat 1900s het die gebruik van blaarslaai oor die ganse wêreld versprei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy